Triomf Staalwerke is in 1973 in die Paarl gestig en het hom sedertdien stewig gevestig as vervaardiger en oprigter van staalstrukture vir talle aanwendings.
Die maatskappy lewer ?n volledige diens - van die ontwerp en vervaardiging van eenvoudige en dekoratiewe staalprodukte tot die oprigting van reuse staalkonstruksies. Daar word gekonsentreer op strukture vir fabrieke, nywerhede, die wynbedryf en opvoedkundige inrigtings. Dwarsdeur Wes-Kaapland, die bedieningsgebied van die maatskappy, getuig indrukwekkende konstruksies van die standaard waartoe Triomf hom sedert sy stigting verbind het.
?n Tweede vertakking van die maatskappy is TRIOMF CRANE HIRE , waardeur hyskrane wat deur Triomf self vir die oprigting van konstruksies gebruik word, aan ander instansies verhuur word.
Die stuurkrag agter Triomf is die eienaar/besturende direkteur, mnr Willie du Plessis en sy vrou Gonny, wat die administrasie behartig. Saam met die konstruksiebestuurder, mnr Leon Mostert, en hul werkspan van 55 is hulle vasbeslote om Triomf verder uit te bou om so stewig te staan soos sy konstruksie self.
Van hul indrukwekkende projekte tot dus ver sluit in:
�
Adres: Kaplan Steet, Hugenot, Paarl, 7646, Suid Afrika
Tel. Nr: ++27 (0) 21 8621630
Faks Nr: ++27 (0) 21 862 4899
e-pos: [email protected]
�
Skakel gerus die bogenoemde nommers vir 'n kwotasie of verdere inligting.
�
�